• Ultra Marathon
  • Half Marathon
  • Trail Run
  • Fun Runs
  • International Friendship Run
  • Expo
  • Mini Marathon Series
  • Medical
  • Training
  • Blue Number Club
  • Charities / TOMI
  • Runners Village
  • Athletics Clubs
  • Gazebos
  • Road Closures
  • Supporters Guide
  • Accommodation
  • Tourism & Travel
Home >> Blog >> Guest Blogger >> Race Remorse

Race Remorse

  • Ultra Marathon
  • Half Marathon
  • Trail Run
  • Training

KLIK HIER VIR AFRIKAANS

You know the feeling; you entered a race full of enthusiasm six months ago, but now it’s the very last thing you feel like doing. Call it race remorse, because just like buyer’s remorse, something you coveted has suddenly plummeted right to the bottom of your “must-do” list.

You can’t imagine what made you think that you would like to jump out of bed at 4h00 on the 4th of April to run 21 km. Back then, the Easter weekend seemed safely tucked away in the future. Maybe it was a decision taken through beer goggles and once sobriety set in, it all seemed like a VERY, VERY bad idea. Or maybe life just pulled the carpet from under your feet and now there are more important problems that need your attention.

Firstly you regret ever entering, and secondly just want to get it behind you like bitter medicine.

I interviewed para-athlete Pieter du Preez for an article last year. This South African is the first quadriplegic with a C6 vertebra injury in the world to ever complete an Iron Man race. The 3,8 km swim is done on his back by using his shoulder muscles to throw his arms rearwards, a bit like a butterfly stroke in reverse. He uses a hand cycle for the 180 km bike leg, and a specialised three-wheeled wheelchair for the the 42,2 km run.

See his video: www.youtube.com/watch?v=EN8jNwcU0MA

Pieter is also the reigning 2014 UCI Para Road Bike World Champion.

Is this actuarial analyst and previous SA triathlete bitter and twisted about the motorist who bumped him off his bicycle in 2003 and dashed his promising future as an elite athlete? No, he believes he was born to be a quad so he can carry the torch for other quads and break through the barriers. 

I often think of Pieter when I train or during an event when the going gets tough. Then it underlines the incredible privilege to have a body that is in perfect working condition.

Pieter says the accident did not shatter his dream – it just changed it. If you suffer from race remorse for whatever reason, give yourself an attitude adjustment “klap” and decide to enjoy every moment of the race on 4 April. Chat to the people around you, tweet a photo and run with your whole heart … because there are others who wished they could. 


Wedrenberou

Ons almal ken die gevoel; jy het ses maande gelede vuur en vlam ingeskryf vir ‘n wedren en nou is dit omtrent die heel laaste ding waarvoor jy lus het. Noem dit “wedrenberou”, want net soos kopers-berou het iets wat aanvanklik begeerlik was, nou tot heel onder aan jou lys van versugtinge geval.

Nou kan jy glad nie verstaan wat jou in die eerste plek besiel het om te dink dat jy op 4 April lus sal wees om 4h00 die oggend op te staan om 21 km te hardloop nie. Toe het Paasnaweek so veilig en ver weg gevoel. Miskien was dit ‘n besluit wat tydens die joligheid van ‘n partytjie geneem is en later, toe nugterheid en realisme intree na ‘n BAIE, BAIE slegte idee geklink het. Of dalk het die lewe jou bloot ‘n streep getrek en het jy op die oomblik net te veel ysters in die vuur om op ‘n wedren te fokus.

Nou is jy eerstens spyt dat jy ooit ingeskryf het, en tweedens wens jy dat jy dit nes bitter medisyne agter die rug kry.

Ek het verlede jaar ‘n onderhoud met para-atleet Pieter du Preez vir ‘n artikel gevoer. Hierdie Suid-Afrikaner is die enigste kwadrupleeg in die wêreld met ‘n C6 rugwerwelbesering wat nog ooit ‘n volle Ystermanwedren voltooi het. Die 3,8 km swem doen hy op sy rug en maak van sy skouerspiere gebruik om sy arms na agter te gooi in ‘n slag wat seker ‘n omgekeerde vlinderslag genoem kan word. Die 180 km fietsry lê hy met ‘n handfiets af en gebruik ‘n spesiale driewielrolstoel vir die 42,2 km se hardloop.

Sien hierdie video: www.youtube.com/watch?v=EN8jNwcU0MA

Pieter is ook die 2014 UCI Para-padfiets Wêreldkampioen.

Is hierdie aktuarieële analis en voormalige driekampatleet met SA-kleure bitter oor die motoris wat hom 2003 van sy fiets gestamp het en sy belowende toekoms as elite-atleet verydel het? Nee, hy glo hy is gebore om ‘n kwadrupleeg te wees sodat hy die fakkel vir ander kwadrupleë kan dra en hul grense verskuif.

Ek dink baie aan Pieter as ek oefen en deelneem wanneer dinge broekskeur gaan. Dan is ek weer eens bewus watter  ongelooflike voorreg dit is om ‘n liggaam te hê wat in perfekte werkende toestand is.

Pieter sê die ongeluk het nie sy drome vernietig nie; net verander. As jy dus om die een of ander rede wedrenberou het, ruk jouself reg en neem die besluit om op 4 April elke oomblik van die wedren te geniet. Gesels met die mense rondom jou, twiet ‘n foto en hardloop met jou hele hart… want daar is ander wat wens hulle kon. 

Sharing